|
Die doel van hierdie webwerf is om aan ons ouers, leerders en voornemende ouers en leerders meer inligting te verskaf oor Laerskool Millennium - Die skool van die toekoms!
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien Laerskool Millennium is die pragproduk van twee skole (Laerskool Luipaardsvlei en Laerskool Krugersdorp-Oos) wat in 'n kort tydjie reeds groot impak op ons gemeenskap gehad het. Ons wil dit graag duidelik stel dat ons 'n Christelike skool is wat daarna streef om elke kind genoeg geleentheid te bied om sy potensiaal ten volle te ontwikkel. Alhoewel sport, kultuur en leierskapontwikkeling vir ons baie belangrik is, is akademie diƩ belangrikste pilaar in die opvoeding van ons kinders. Verder streef ons daarna dat ons kinders gelukkig moet wees en skool geniet! Wees verseker daarvan dat die hoof en personeel van Laerskool Millennium u kind altyd eerste sal stel. As u u kind die beste wil gee, moet u die skool van die toekoms kies - LAERSKOOL MILLENNIUM! Eugene Grobler (Mnr) HOOF |
![]() |
![]() |
![]() |



